2007/09/05

Tannie Rina se troue!

Dagsê almal!

Ek het belowe almal sal my rokkie sien as tannie Rina en oom Rinus trou! Nou ja dit het Saterdag gebeur..... 1 September op lentedag - en ek dink tannie Rina het die mooiste gelyk!





Hierdie foto is geneem net nadat ons hare klaar gedoen is en ons ons mooi rokke aangetrek het! Het ons nie te pragtig gelyk nie?

Sodra ons meer fotos het sal ons dit op ons blog sit ons is baie trots op tannie Rina wat so mooi gelyk het!

2007/08/17

Eina Sus!

Vanoggend het Mia die grootste pakslae van haar lewe gekry!

Sy het Zelda se pinkie amper af gebyt! Ek was so geskok. Toe ek haar klaar pak gegee het, het ek gevra hoekom sy dit gedoen het.
Haar onskuldige antwoord :"Dit was nie ek nie - die tand (en sy wys so na haar tande) het Zellie gebyt".

Haar hart was baie seer omdat sy pak gekry het.... Dit was die eerste keer dat sy geniepsig was teenoor haar sussie.... Zelda het seker vir 'n uur gehuil! Die merk was duidelik vir omtrent 'n half uur....

Nog 'n dag met nog dinge!

2007/08/16

Zelda

Hi Almal,
My naam is Zelda en ek is my ma se jongste spruit (5 en 'n half maande), ek kan nog nie veel van myself vertel nie behalwe dat ek van alternatiewe musiek luister en dat ek lekker kan skree as my ma my uit die bad haal.... O ja en ek groei teen tempo witlig in die lengte. As ek nie skree nie is ek die vriendelikste baba wat bestaan.... Ek kan nie wag om groot te word en saam met ousus te speel nie sy is regtig baie snaaks!

Mia


Hi almal
My naam is Mia. Ek is nou 2 en 'n half jaar oud en is vreeslik besig! Ek is 'n blondekop meisiekind met die blouste blou oë. As ek stil raak kom soek mamma my - dan is ek gewoonlik besig met iets nuuts en moet sy my gewoonlik kom help!

Ek is mal oor buite speel, klimraam klim, verf, stories lees, legkaarte bou, inkleur, dans.

Ek het twee honde Pixel ('n Rotwieler) en Marble ('n worshond). Pixel is baie groot en sy blaf baie hard - baie mense is bang vir haar! Marble slaap in die huis en sluip soms vorentoe as sy dink ons kyk nie dan speel sy bietjie sonder Pixel wat haar die heeltyd boelie.

Die foto van my is met my oom Hans se troue 16 Junie 2007. Het ek nie te pragtig gelyk nie? Een van die dae trou my tannie Rina en ek gaan weer 'n mooi rokkie aantrek! Ek kan nie wag nie!