2007/08/16

Mia


Hi almal
My naam is Mia. Ek is nou 2 en 'n half jaar oud en is vreeslik besig! Ek is 'n blondekop meisiekind met die blouste blou oë. As ek stil raak kom soek mamma my - dan is ek gewoonlik besig met iets nuuts en moet sy my gewoonlik kom help!

Ek is mal oor buite speel, klimraam klim, verf, stories lees, legkaarte bou, inkleur, dans.

Ek het twee honde Pixel ('n Rotwieler) en Marble ('n worshond). Pixel is baie groot en sy blaf baie hard - baie mense is bang vir haar! Marble slaap in die huis en sluip soms vorentoe as sy dink ons kyk nie dan speel sy bietjie sonder Pixel wat haar die heeltyd boelie.

Die foto van my is met my oom Hans se troue 16 Junie 2007. Het ek nie te pragtig gelyk nie? Een van die dae trou my tannie Rina en ek gaan weer 'n mooi rokkie aantrek! Ek kan nie wag nie!

3 comments:

Anonymous said...

Hey da sus,

Die kinders is te pragtig!
Baie oulike idee wat julle da beet het!

Ons gesels weer!

eke

Anonymous said...

Hi Nig,

Jy het lekker tyd om rond te speel. Oulike idee. Geniet die twee.

Lekker dag
Nig T

Leelalie said...

Bonjour
Ek is die tatagompie van frans. Dit maak my hartseer om die 2 so te sien. Hulle is pragtig.
van die franse